'n "Swanepoel-wapenskild"
Let wel, hierdie wapenskild is nie 'n egte of historiese wapenskild wat aan die Swanepoel-familie behoort nie. 'n Wapenskild word aan 'n indiwidu toegeken, en slegs sy direkte nasate het erflik die gebruiksreg daarvan, en nie alle persone wat dieselfde van het nie. 'n Soortgelyke "Swanepoel-familiewapen", soos die een hierbo, het in 1946 in Die Brandwag as 'n illustrasie by 'n artikel van N. H. Theunissen verskyn. Volgens Pama se boek Heraldy of South African Families, is daardie familiewapen afgelei van die Nederlandse familie Swaen se wapenskild.
Volgens 'n inligtingstuk van die Suid-Afrikaanse Raad vir Heraldiek was daar oor die afgelope eeu " 'n besliste herlewing van belangstelling in heraldiek en het baie mense opnuut na 'n egte "familiewapen" gesoek, maar dikwels tevergeefs. In stede daarvan dat bestaande argiefbronne en wapenversamelings in die lig van beskikbare genealogiese gegewens behoorlik geraadpleeg is, het baie mense verkies om 'n makliker weg te volg. In vele gevalle is net 'n gedrukte heraldiese versamelwerk oopgeslaan en en is enige wapen wat daar toevallig met dieselfde van vermeld staan, sonder veel, indien enige, bedenkinge oorgeneem."..."In Suid-Afrika was dit veral die Nederlander J.B. Rietsap se Armorial General wat as bron vir hierdie wapenoornames gedien het."..."Hierdie wapenoornames het sy hoogtepunt bereik in 'n reeks artikels wat deur N.H. Theunissen onder die opskrif "Afrikaner ken uself", in die tydskrif Die Brandwag gedurende 1944 tot 1947 gepubliseer is."
"Hierdie dikwels onbewese wapens kan mens vandag amper in elke huis in Suid-Afrika raakloop. So pronk daar duisende Suid-Afrikaanse families met iemand anders se geleende vere, of met skeppings wat deur niemand, lewend of dood, ooit wettiglik gevoer is nie."
"Sedert Junie 1963 bied die Heraldiekwet egter regsbeskerming vir geregistreerde wapens en dit is sedert 1980 'n oortreding van die Wet om 'n "familiewapen" te "verskaf", tensy die verskaffer oor 'n sertifikaat van egtheid, uitgereik deur die Staatsheraldikus, beskik."