Bekende en berugte Swanepoels
Gerrit Swanepoel - Boubaard van die Karoo
Die onderstaande teksgedeeltes is geselekteer uit twee tydskrifartikels met die titels: Bloubaard van die Klein Karoo, en 'n Os het 'n moordenaar uitgelewer. Albei die artikels is deur Jorda Louw geskryf en is vermoedelik vier of vyf dekades gelede in Huisgenoot of Sarie gepubliseer.
Op 28 April 1856 "...is die Bloubaard van die Suidwestelike Distrikte in die openbaar aan die onderpunt van die dorp George opgehang en is 'n einde gebring aan die grieselrige moordloopbaan van die berugte Gerrit Johannes Swanepoel. Hoewel die skrikbewind van hierdie moordlustige so lank gelede beeindig is, loop die oorlewingsverhale oor hierdie Monster van die Saffraanrivier sommer nog bolangs in die omgewing waar hy sy afskuwelike dade gepleeg het.""Hierdie verhale wissel natuurlikerwys van verteller tot verteller en niemand kan betwyfel dat heelwat aangelas is nie, maar tog bly die feit onweerlegbaar staan: Gerrit Johannes Swanepoel het baie bloed aan sy hande gehad - onskuldige boed! En hoewel aanvaar moet word dat gert Swanepoel waarskynlik nie soveel mense om die lewe gebring is as wat deur storievertellers beweer word nie, is dit 'n feit dat hy die grootste moordenaar in die Suidwestelike Distrikte was...""Mense vertel immers dat hy tot oor die 50 mense (meestal Kleurlinge) vermoor het, terwyl andere die syfer op net meer as 40 stel. Volgens konkrete feite is hierdie bewerings belaglik. Gert Swanepoel het volgens dokumente van die destydse Rondgaande Hof net twee keer op aanklag van moord verskyn. Maar ook in dié dokumente word dikwels na vorige oortredings, vorige geheimsinnige verdwynings van mense na vorige dade van woestheid verwys. Geheimsinnige verdwynings van mense in dié tyd het dikwels daartoe gelei dat Gert Swanepoel se naam gebruik is om vrees by stout kinders in te boesem."
"Wie was hierdie paaiboelie van die Klein Karoo?" ... "Dwarsberg tussen Oudtshoorn en Calitzdorp, by volmoed en Perdebont verby, die steiltes uit in die rigting van die Gouritsrivie, loop die pad wat na die plaas slangrivier waar Gerrit Johannes Swanepoel in die jaar 1816 die eerste lewenslig aanskou het. Duisende morge grond het sy vader in die omgewing gehad.""Van die kinderdae van hierdie mens wat 'n monster sou word weet ons niks." ... "Met die huwelik van die jong Gert is 'n nuwe opstal opn die wye eiendom van die Swanepoels gebou, en het hy sy eie plaas, Rietfontein, ontvang.""Voor sy dertigste verjaardag reeds moes Gert Swanepoel twee jaar lank in Robbeneiland gaan klippe breek as straf vir aanranding, en moes hy in die hof skuldig staan op 'n aanklag van moord. Op wonderbaarlike wyse kon hy as vry man na Rietfontein terugkeer. Maar nie as dankbare en wetsgehoorsame landsburger het hy teruggekeer nie, want van nuuts af het hy in die jare na 1846 vermorsel wat in sy pad gekom het.""Selfs sy ou vader was in dié tyd bra skrikkerig vir hierdie wettelose seun van hom, want toe was dit al net of Gert Swanepoel homself nie meer kon help nie - asof die moordlus hom in vlae gepak het en hy doodgemaak het om intense genot te put.""Dikwels in dié dae moes Swanepoel se werksvolk na buurplase vlug en om beskerming van ander boere vra. Vir die kleinste misstappie, so het hulle geweet, sou hulle met hul lewens boet. Minstens een keer het oubaas Swanepoel 'n vreesbevange plaasarbeider van sy seun gehelp deur hom in 'n doodskis op die solder te versteek...""Vir andere se eiendom het Swanepoel nie meer 'n duit omgegee nie. Geen buurman se dier kon hy op sy plaas duld nie, en toe hy eendag twee perde van Johan Adam Raubenheimer...op sy plaas oplet, het hy summier in 'n vlaag van woede sy roere gegryp en die diere op die plek doodgeskiet."
"All humanity is one undivided and indivisible family, and each one of us is responsible for the misdeeds of all the others. I cannot detach myself from the wickedest soul." - Mahatmar Ghandi